Gereelde Vrae & Antwoorde
Ellenrust Eiendomme(Edms) Bpk is ’n geaffilieerde maatskappy van Klein Karoo Fonds (KKF). KKF is ‘n ervare ontwikkelingsmaatskappy wat verskeie eiendomme in Suid-Kaap en Klein Karoo besit.
Twee genomineerde direkteure is verantwoordelik vir die bestuur van die ontwikkelingsmaatskappy en die ontwikkeling. Die Ontwikkelaar word bygestaan deur ‘n bekwame professionele span.
Besoek gerus www.kkf.co.za vir meer inligting.
Die erf is in Stilbaai-Wes, binne loopafstand van die winkels, rivier en strand. Dit is geleë noord van die munisipale Gemeenskapsaal en Biblioteek, met toegang vanaf die Hoofweg.
Ellenrust Leefstyloord bestaan uit 128 enkeltitel erwe wat in drie fases ontwikkel sal word. Met elke fase sal ‘n fasiliteite-gebou opgerig word. Tydens fase 1 sal die eerste deel van die gesondheidsorgsentrum gebou en toegerus word. Teen voltooing sal die oord uit huise, bystand-eenhede, ‘n volledige versorgingseenheid en gemeenskapsfasiliteite bestaan. Die gemeenskapsentrum sal die volgende bied:
- Administrasie-kantoor
- Kombuis
- Eetsaal
- Biblioteek
- Ontspanningsaal
Die Ontwikkelaar besef die belangrikheid van goeie gesonheidsorg vir die Oord. Die Gesondheidsorgsentrum sal dus ten volle toegerus word om pasiënte in verskillende stadia van swakheid te huisves. Bejaardes, wat nog ‘n groot mate van onafhanklikheid geniet in hulle daaglikse aktiwiteite, kan bystandversorging in die privaatheid van hul huise ontvang.
Verswakte bejaardes wat bed- en/of kamergebonde is, sal in die Gesondheidsorgsentrum versorg deur ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige. Sy sal bygestaan word deur bekwame en toegewyde stafverpleegsters en hulpverpleegsters. Daar sal 24-uur mediese sorg en toesig gelewer word.
Ten einde die jaarlikse styging van die heffing te verminder sal ‘n Heffingstabilisasiefonds gestig word en deur die Uitvoerende Komitee van die Huiseienaarsvereniging bestuur word.
Met die herverkoop van ’n eenheid, sal 15% van die verkoopprys aan die fonds betaal word. Die fondse sal aangewend word vir herstelwerk aan eenhede, asook aan die gemeenskap- en gesondheidsorgsentrum.
Enige natuurlike persoon kan ‘n eenheid koop. ‘n Eenheid kan egter nie in ‘n maatskappy of trust gekoop word nie.
Enige persoon wat 50 jaar of ouer is. ’n Jonger persoon mag wel ’n eiendom besit, maar dit net bewoon indien sy/haar lewensmaat ouer as 50 is. Indien die eienaar ‘n belegger is, moet hy/sy die huis verhuur word aan minstens een persoon wat ouer as 50 is.
- ‘n Gemeenskapsheffing wat maandeliks betaalbaar is, sal die koste van dienste in die oord dek. Dit sluit in die bestuurskoste, sekuriteit, eiendomsversekering, onderhoud en versorging van die gemeenskaplike areas. Die heffing is gebaseer op die pro rata deelnemingskwota van ‘n eiendom. Die eienaar van ‘n groot huis sal dus maandeliks meer bydra as die eienaar van ‘n kleiner huis.
- ‘n Maandelikse gesondheidsorgheffing word betaal deur die eienaar (en sy/haar gade). Die heffing gee die inwoner toegang tot primêre gesondheidsorg en subsideer die Gesondheidsorgsentrum.
- Teen voltooing van die gemeenskapsentrum in fase 2, en wanneer die kombuis etes begin voorsien, sal ‘n maaltydheffing betaalbaar wees.
Elke eienaar (en sy/haar gade) sal verantwoordelik wees vir die betaling van ‘n gesondheidsorgreg, ‘n eenmalige intreefooi van R10 000 per persoon.
Die reg kan gesedeer word aan ‘n huurder, onderhewig aan die reëls van die Grondwet.
Die eerste fase van die Gesondheidsorgsentrum sal spoedig gebou en toegerus word, maar eers in werking tree wanneer daar aanvraag na 5 of meer beddens is. Indien daar intussen ‘n behoefte aan versorging ontstaan, sal die Ontwikkelaar reël dat ‘n inwoner tuis versorg word. Die diens kan ook uitgekontrakteer word aan ‘n geregistreerde versorgingsinstansie in Stilbaai.
Elke eienaar is verantwoordelik vir die betaling van sy/haar erfbelasting en dienste aan die plaaslike owerheid.
Met die ondertekening van ‘n koopkontrak is ‘n deposito van R20 000 betaalbaar wat in trust gehou word deur die oordragprokureur in ‘n rentedraende rekening tot voordeel van die koper. Die koper kies ook ‘n standaardbouplan teen ‘n vasgestelde koste en ontvang ‘n datum waarteen bouwerk sal begin. Dit is gewoonlike drie maande na die teken van die kontrak.
Sowat 2-3 weke na ondertekening van die kontrak dien die prokureur die oordragdokumente by die Aktekantoor in. Die balans op die erf (minus R20 000) is dan betaalbaar.
Met registrasie van oordrag van die erf in die koper se naam, is die totale boukoste betaalbaar.
Die Ontwikkelaar is verantwoordelik vir die betaling van:
- BTW (die koper betaal geen hereregte nie)
- Oordragskoste (die koper betaal nie prokureurskoste nie)
- Professionele gelde
- Water-, riool- en kragaansluitings
- Die indien van bouplanne
- NHBRC
Die Koper mag veranderinge maak aan die standaard-bouplanne, onderhewig aan die Ontwikklaar se goedkeuring, en binne die raamwerk van die bouriglyne.
Beperkte strukturele veranderinge kan aangebring word.
Die Koper mag sy/haar afwerkings kies na aanleiding van die standaard toelatingskedule.
- Projekbestuurders: De Villiers Neethling Projekbestuurders
- Argitek: SDK Argitekte
- Bourekenaars: De Villiers Neethling & Vennote
- Siviele Ingenieur: Hessequa Raadgewende Ingenieurs
- Strukturele Ingenieur: Hessequa Raadgewende Ingenieurs
- Elektriese Ingenieur: De Villiers & Moore Elektriese Ingenieurs
Die Ontwikkelaar besef die terapeutiese waarde van toeteldiere vir hul eienaars. Die troeteldierbeleid maak voorsiening dat inwoners met én sonder troeteldiere in harmonie kan saamleef in die oord.
Ellenrust Leefstyloord sal aan sy inwoners 24-uur sekuriteit bied. Dit sluit in ‘n hekhuis met toegangsbeheer, hekwagte, ge-elektrifiseerde omheining en ‘n kamera-stelsel.
Elke eenheid kry ‘n persoonlike noodknoppie wat skakel met Sekuriteit asook die Gesondheidsentrum.
Alle motorhuisdeure sal ‘n afstandbeheerde stelsel he.
Al die eenhede kry toegang tot ‘n VOIP-telefoonnetwerk met gratis interne oproepe.
Stilbaai, die Baai van die Slapende Skoonheid is 26 kilometer vanaf die N2-hoofweg tussen Mosselbaai en Riversdal. Die naaste nasionale lughawe is in George, 150km vanaf Stilbaai. Mosselbaai is ‘n uur se ry vanaf dié kusdorp.
Inwoners sowel as besoekers beskryf Stilbaai as die beste dorp in die land: ‘n baie veilige plek om in te woon, vars lug, vriendelike mense, blouvlagstrande en ‘n pragtige omgewing. Natuurliefhebbers geniet die staproetes, die verskeidenheid voëls asook gereeld besoeke van wilde bokkies. Afgetredes wat graag sport beoefen kan by die volgende klubs aansluit: gholf, hengel, skiet, rolbal en tennis.
In Stilbaai kan al die nodige kleinhandel-dienste en winkels gevind word – dit sluit 2 supermarkte, uitstekende restaurante, klere-winkels, haarsalonne, gesondheidwinkels en vele meer in.
Die Carewell Mediese Sentrum beskik oor ‘n dagkliniek, ‘n hospitaal vir sekondêre-kritiese behandelings, mediese praktisyns en fisioterapie dienste.
Life Bay View Privaat Hospitaal in Mosselbaai is ‘n moderne 147-bed fasiliteit met nooddienste, gespesialiseerde toerusting en spesialiste om enige mediese toestand te behandel. Besoek gerus www.bayviewprivatehospital.co.za vir meer inligting.