Ellenrust
Welkom by Ellenrust, ’n aftreeoord in die pragtige kusdorpie Stilbaai aan die Tuinroete. Ervaar die simbool van aktiewe senior leefstyl in 'n veilig gemeenskap, omring deur pragtige kus-eiendomme. Kom geniet Stilbaai se blouvlagstrande en die Indiese Oseaan!
Met 'n bevolking van meer as 6000 permanente inwoners, ‘n onbesoedelde omgewing en ongerepte natuurskoon, bly Stilbaai 'n gunsteling vakansie-bestemming in ons land. In hierdie veilige omgewing is Ellenrust Leefstyloord die ideale plek om jou te vestig in jou goue jare.
Die besondere ontwikkeling bestaan uit 128 erwe; 'n volledig toegeruste versorgings-eenheid met bystand-versorgingseenhede, asook 'n administratiewe blok en 'n gemeenskapsaal.
Aftreeoord Suid-Afrika
Huis-Ontwerpe
Om seker te maak dat jou huis aan jou individuele vereistes voldoen, is daar 10 verskillende ontwerpe om van te kies.

StandaardItems
5 kW Omskakelaar en 5 kW Battery
Bosch gasstoof en elektriese oond
Quartz toonbanke
Vesel-gereed
'n Standaard reeks afwerkings om van te kies
Ons Bouwerk
NUUTSTE HOOGTEPUNTE
Ellenrust Nuus (14 Dec)
Ellenrust se grootste huis, die tipe 10 met 3 slaapkamers en dubbelmotorhuis is so gewild onder kopers dat daar nog net twee erwe beskikbaar is. Omdat die aanvraag so groot is, is die ontwerp aangepas. Kopers het dus nou ‘n groter keuse met 3 noordfronterwe waarop die nuwe ontwerp ook gebou kan word. Kom maak […]









