Nuus

Ellenrust Leefstyloord in Stilbaai

Ellenrust Nuus (14 Jul)

Met nuwe intrekkers elke maand in Ellenrust Leefstyloord, Stilbaai, begin die tuine mooi vorm aanneem. Gevestigde melkhoutbome wat in die oord bewaar gebly het, gee ook ‘n unieke karakter aan die eerste fase van die oord.

Die area rondom die hekhuis het die afgelope week meer kleur gekry met die aanplant van struike en bome, asook ‘n paar potplante.

Inwoners wat graag wil tuinmaak, word aangemoedig om inheems te plant en waterbesparing in gedagte te hou. Die grasperke en randte van privaatuine word deur die oord se tuinspan gesny.

Ellenrust Gate Garden Update