Stilbaai

Oor Ons

Welkom by Ellenrust Leefstyloord, ‘n veilige hawe vir afgetredenes geleё in ons pragtige kusdorp, Stilbaai.

Ellenrust is meer as net ‘n aftreeoord- ons bied ‘n omvattende pakket aan wat meer behels as net die koop van ‘n huis.

Ellenrust

Geslote Sekuriteit

By Ellenrust is jou veiligheid vir ons van groot belang. Ons bied 24-uur sekuriteit met gemonitorde ingange. Ons oord is omheim en bied ‘n veilige hawe vir aktiewe seniors langs die Tuinroete.

Kwaliteit-Huise

Ons is trots op ons bouwerk. Ons huise word volgens die hoogste kwaliteitstandaarde gebou: vlotfondasies word gelê, net die beste boumateriale word gebruik en ons afwerking is van ‘n hoë gehalte

DJI_0094

Strategiese Ligging

Ons leefstyloord is strategies geleё en laat jou toe om binne 10 minute al jou noodsaaklike behoeftes-en aktiwiteite te bereik. Stilbaai spog met asemrowende strande, ‘n verskeidenheid kruidenierswinkels, apteke, restaurante, koffiewinkels, gesondheidswinkels en die Carewell Hospitaal.

Ons leefstyloord is baie goed geleë. Die rivier, strande, natuurreservate, kruidenierswinkels, apteke en restaurante is binne loopafstand van die oord. Stilbaai se sportklub wat hengel, gholf, tennis, skiet en rolbaai insluit, kan ook binne minute per motor bereik word.

DJI_0069

Gesondheidsorgsentrum

Verswakte bejaardes wat bed-en of kamergebonde is, sal in die verswakte eenheid versorg word onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige. Sy sal bygestaan word deur 'n bekwame en toegewyde stafverpleegsters, assistentverpleegsters en hulpverpleegsters. Daar sal 24-uur mediese sorg en toesig in die Versorgingseenheid gelewer word.

DJI_0100

Tuisversorging

Inwoners wat verswak is, maar verkies om in hul eie huise aan te bly, sal die opsie van tuisversorging he. Die inwoners sal geassesser word en ‘n tuisversorgingspakket aangebied word wat op hul individuele behoeftes gebaseer is.

Ontspanningsaal

Tydens die ontwikkeling van die tweede fase word die oord se dienssentrum gebou. Die Ontspanningsaal wat deel sal vorm van die sentrum sal aan die inwoners die geleenheid bied om as ‘n groep bymekaar te kom, te kuier, deel te neem aan aktiwiteite en nuwe inwoners te ontmoet.

EL1

Kombuis en Eetsaal

Ons kombuis en eetsaal sal ons hele gemeenskap bedien en verseker dat al ons inwoners hoёgehalte maaltye teen bekostigbare pryse kan geniet saam met vriende, familie en mede-inwoners

DJI_0084