Nuus

Ellenrust Leefstyloord in Stilbaai

Ellenrust Nuus (11 Aug)

Met Ellenrust Leefstyloord in Stilbaai wat weekliks groei en ontwikkel kan ‘n mens die kopers se verwagtinge en opgewondenheid aanvoel. Nog sewe huise is tans in aanbou, en die kopers is verseker van ‘n uitnemende aftree-ondervinding. Die gehalte van vakmanskap is uitsonderlik en reflekteer ons passie vir aandag aan detail om die beste produk moontlik te lewer.

Dit is ‘n voorreg om saam met die kopers die opwinding van die bouproses te beleef.  Ons kan nie wag om hulle te verwelkom in hul nuwe tuiste, in ‘n vriendelike gemeenskap nie.

Dit is nou ‘n goeie geleenheid vir voornemende kopers om hul aftrede te beplan in Ellenrust. Ons nooi u graag om ons verkoopkantoor te besoek, waar ons ervare bemarker u bekend sal stel aan die ontwikkeling.  Maak gerus ‘n afspraak en kom ondersoek die moontlikhede van ‘n droomhuis vir u aftrede.