Nuus

Ellenrust Nuus (8 Sep)

In Ellenrust Leefstyloord vier ons hierdie week nie net die koms van die lente nie, maar ook die besluit van nuwe kopers om deel te word van ons gemeenskap.

Baie welkom aan die 4 kopers wat besluit het om ons aftreeoord hul nuwe tuiste te maak! Ons is ook in gesprek met ander voornemende kopers wat baie opgewonde is oor wat Ellenrust aanbied.

Ons wag vir jou oproep of besoek by die verkoopkantoor en sien daarna uit om jou te ontmoet!