Nuus

Ellenrust Nuus (29 Sep)

Die week val die fokus op die maandelikse heffings in ons aftreeoord, want die meeste kopers wil gerus wees dat hulle die uitgawes kan beskostig.

Ons Gemeenskapheffing sluit kostes is wat die meeste huiseienaars reeds het:

  • Versekering van die huis,
  • Onderhoud aan die buitekant van die huis,
  • Die sny van gras en randte, en
  • Sekuriteit

Dié heffing wissel van R1 220 vir die kleinste huis tot R2 700 vir die grootste 3-slpk woning.

‘n Gesondheidsorgheffing van R420 is ook betaalbaar. Die bydrae subsideer die siekeboeg sodat ‘n pasiënt maandeliks minder as R6 000 per bed betaal, plus etes. Inwoners sal toegang he tot primêre gesondheidsorg in die sentrum.