Nuus

Ellenrust Nuus (7 Jan)

Ons het van die inwoners in Ellenrust Leefstyloord gevra wat hulle geniet om te doen in Stilbaai:
“Ek sien altyd uit na my Pilatus-klasse en woon gereeld the U3A se praatjies by. Maar die hoogtepunt van my maand is die Musiekverening se klassieke musiek-uitvoerings” – Jeannette.
“Elke weekdag, winter of somer, swem ek saam met ‘n groep vroue in die rivier, stroom-af. En met nog ‘n vrolike groep vroue, doen ek lyndans, 2 keer ‘n week” – Elsabie.
“Dit is kos vir my siel om langs die see te stap, Bybelstudie by te woon en lyndans te doen” – Annetjie.
Stilbaai bied ook gholf, rolbal, tennis, staproetes in die natuurreservate, hengel, gimnasiums, voëlkyk en het puik restaurante, koffiewinkels en markies.