Heffings

‘n Gemeenskapsheffing wat maandeliks betaalbaar is, sal die koste van dienste in die oord dek. Dit sluit in die bestuurskoste, sekuriteit, eiendomsversekering, onderhoud en versorging van die gemeenskaplike areas. Die heffing is gebaseer op die pro rata deelnemingskwota van ‘n eiendom. Die eienaar van ‘n groot huis sal dus maandeliks meer bydra as die eienaar van ‘n kleiner huis. Die beraamde bedrag is R15,00/m²per maand.

  • ‘n Maandelikse gesondheidsorgheffing word betaal deur die eienaar (en sy/haar gade). Die heffing gee die inwoner toegang tot primêre gesondheidsorg en subsideer die Gesondheidsorgsentrum. Die beraamde bedrag is R420 per persoon.
  • Teen voltooing van die gemeenskapsentrum in fase 2, en wanneer die kombuis etes begin voorsien, sal ‘n maaltydheffing betaalbaar wees.

Indien die eienaar in die Gesondheidsorgsentrum versorg word, sal hy/sy ‘n beraamde bedrag van R195 per dag betaal (R5 850 per maand) sowel as ‘n maaltydheffing.