Nuus

Ellenrust Leefstyloord in Stilbaai

Ellenrust Nuus (5 Aug)

Ellenrust Leefstyloord in Stilbaai se ontwikkelaar is baie opgewonde dat bouwerk aan die Gesondheidsorgsentrum begin het! Die vlotfondasie word tans voorberei en die kalkstrepe is reeds uitgemerk. Die eerste gedeelte van die Sentrum word in fase 1 voltooi en in die derde fase verder uitgebrei.

Die ontwikkelaar besef die belangrikheid van goeie gesondheidsorg vir die oord, en die gemoedsrus wat dit bring. Totdat die Sentrum in werking tree is ‘n plaaslike tuisversorgingsagentskap aangestel om na die welsyn van die inwonende eienaars om te sien. Elke inwonende eienaar word medies geevalueer en twee keer per maand besoek deur ‘n gekwaifiseerde mediese suster. Elke huis word ook voorsien van ‘n noodknoppie.

Ons glo dat goeie gesondheidsorg ook bekostigbaar moet wees vir ons eienaars. Die sentrum sal dus bestuur word op ‘n nie-winsgewende basis wat finansiele gemoedsrus aan inwoners bied.

Ellenrust Leefstyloord Gesondheidsorgsentrum